Vaalweekblad se gewilde baba- en kleuterwedstryd is hier!
WhatsApp Nicky van Chilli PicNic gedurende kantoor-ure by 083 744 7711 vir meer inligting
VaalWeekblad en Ster, in samewerking met Chilli PicNic Fotografie, se jaarlikse Baba- en Kleuterwedstryd is tans aan die gang en die eerste deelnemertjies se foto’s is in Vaalweekblad se uitgawe van 17 Mei!
Ouers kan hul kleingoed nog tot 31 Julie inskryf. Alle kleingoed vanaf pasgebore ouderdom tot 6 jaar oud mag deelneem. Groot pryse is vanjaar weer vir die wenners op die spel! ‘n Gelukkige leser wat aan die stemming deelneem, gaan ook ‘n lieflike prys wen.
Om dit geriefliker te maak vir ouers neem ons professionele fotograwe vanjaar foto’s vir die inskrywings by plaaslike kleuterskole. Ouers (of amptelike voogde) moet net ‘n inskrywingsvorm, wat by die betrokke kleuterskole se kantore beskikbaar sal wees, invul en die R100 inskrywingsfooi betaal.
Ouers wie se kinders nie in ‘n kleuterskool is nie, kan hul kleingoed by enige van die genoemde kleuterskole of op sekere dae by MooiVaal Media se kantore in Deliusstraat 23, Vanderbijlpark, laat afneem. Inskrywingsvorms sal ook by die kantore beskikbaar wees.
Al wat ouers verder moet doen, is om elke week se uitgawe van Vaalweekblad te koop om seker te maak julle sien jul kind se foto wanneer dit in die koerant gepubliseer word. ‘n Kode sal by elke foto in die koerant geplaas word, wat ouers, familie en vriende moet gebruik om vir die kleinding van hul keuse te stem.
Buiten dat elke deelnemertjie se foto in Vaalweekblad geplaas gaan word, sal ouers ook ‘n gratis professionele foto per WhatsApp ontvang.
Die top 10 wenners in elke kategorie sal deur ‘n kombinasie van stemme en onafhanklike beoordelaars bepaal word.
Stemvorms sal weekliks in Vaalweekblad gepubliseer word. Stembriefies kan gepos word by MooiVaal Media se kantore in Vanderbijlpark, by FabLane in Piet Retief Boulevard 127, Vanderbijlpark en by Biltong Bar in RiverSquare Mall, Drie Riviere. Pos-bokse gaan ook in Sasolburg en Meyerton beskikbaar wees. Hou Vaalweekblad in die volgende weke dop om te sien waar daar nog oral houers gaan wees om jul stembriefies te pos.
Foto’s gaan op hierdie datums by MooiVaal Media se kantore en by die genoemde kleuterskole geneem word. Let wel, kleingoed kan by enige van die kleuterskole afgeneem word al is hulle nie leerlinge van die skole nie.
17 May – Lekker land Sasolburg: 12:00 – 14:00
21 May – Sozo Vanderbijl: 13:00 – 15:00
22 May – Kiddies Paradise Vanderbijlpark: 13:00 – 15:00
24 May – MooiVaal Media’s offices: 15:00 – 17:00
27 May – VIP Kidz Vanderbijlpark: 09:00 – 11:00
3 June – Leeuwelpie Kleuterskool, Three Rivers: 09:00 – 11:00
7 June – MooiVaal Media’s offices: 15:00 – 17:00
10 June – Klein Klippies Meyerton: 09:00 – 12:00
28 June – MooiVaal Media’s offices: 15:00 – 17:00
5 July – MooiVaal Media’s offices: 15:00 – 17:00
26 July – MooiVaal Media’s offices: 15:00 – 17:00
27 July – VIP Academy: 08:00 – 12:00
31 July – Limited Edition Vanderbijlpark: 15:00 – 17:00.
WhatsApp Nicky van Chilli PicNic gedurende kantoor-ure by 083 744 7711 vir meer inligting of like Chilli PicNic op Facebook om op hoogte te bly van al die wedstrydnuus!
VAALWEEKBLAD EN STER BEDANK GRAAG ONS WEDSTRYDVENNOTE EN BORGE VIR HUL BETROKKENHEID EN PRYSE:
Emerald Resort & Casino
Dutton Motors
Fabulous Lane Wellness Centre & Spa
Tapimanzi Adventures
Biekie Bos & Rainbow Inflatables
Blitz Pawn
Park Travel Agency
Swimkidz
Trophy Robotics
Pursue Bluestar Financial Services
