Local newsNewsNews
Pret by Braai Wagon se eerste markdag
VEREENIGING. - The Braai Wagon het onlangs sy heel eerste markdag gehou met 'n groot verskeidenheid stalletjies en heerlike eetgoed.
Die dag is op 4 Mei my gehou en behalwe vir die stalletjies, was daar ook kompetisies met pryse te wen, en natuurlik die potjiekos-kompetisie met R2 000 kontantprys.
Die kinders het veral die kleurvolle spookasem geniet terwy die grootmense weggelê het aan The Braai Wagon se amper 1kg sappige Kalkoen boud.
Dit was ook ‘n suksesvolle dag vir 50 Shades of Spay wat nie net honde/katkos donasies ontvang het nie, maar ook ‘n welkome bedrag van R1 500 van die Albatross Ski Bootklub ontvang het.
Die dag was afgesluit met ‘n vertoning deur Johnnie Takbok.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
