Local newsNewsNews

Gestremde leerders duik diep om nuwe hoogtes te bereik

VEREENIGING. - Soms hou die wêreld wonderlike verrassings in. Die Eureka Skool het onlangs nuwe vreugde geken toe van hul gestremde leerlinge 'n aanvoeling vir skubaduik getoon het.

Hierdie nuwe avontuur by die skool het in Oktober verlede jaar begin toe Handicapped Scuba Crew die Eureka Skool besoek het.

Die personeel by die skool was eers skepties oor die Scuba Crew se vermoë om vir verstandelik erg gestremde leerders, te verduidelik hoe om te skubaduik.

Daar was egter vinnig vasgestel dat dié besoek die ervaring van ‘n leeftyd vir van die kinders was.

Dertig gesiggies het deur die loop van die oggend in afwagting geluister na wat die ooms verduidelik en baie braaf onder die water probeer asem haal.

Tot almal se verbasing het die meerderheid van die  leerders dit vinnig gesnap.

In Februarie is hierdie proses herhaal met 70 van die skool se leerders.

Die keer het die Handicapped Scuba Crew die leerders met valkoë dop gehou om te kyk wie die potensiaal het om dieper te duik.

Junior Setoki word deur Shaun van Coller touwys gemaak.

Gedurende April is 14 van die leerders na ‘n swembad in Johannesburg geneem wat ‘n 3m diepkant het.

Die leerders het almal weer eens verbaas met hul vaardigheid.

“Teen hierdie tyd het die woord “see” orals begin gons. Eers onder die duikinstrukteurs en toe later onder die leerders,” vertel Santie Sauermann, woordvoerder vir Eureka Skool.

Met die droom in gedagte is daar besluit om 10 leerders die geleentheid te bied om in Sodwana by Coral Divers te gaan duik van 16 tot 20 Oktober.

“Al die leerders is geweldig behoeftig en het nog nie die voorreg gehad om seesand tussen hulle tone te voel nie.

“Ons wil graag ‘n beroep doen op ons gemeenskap, om ons te help om hierdie geleentheid vir hulle moontlik te maak,” vra Santie.

Die skool borg die vervoerkoste, maar die koste per leerder is R3 000 per dag (wat 3 maaltye per dag, 4 duiksessies, verblyf en ‘n bietjie sakgeld) insluit.

* Enige donasie (finansieël of enige ander skenkings toepaslik tot die aangeleentheid) sal waardeer word. Alle donasies sal ‘n Art. 18 ontvang vir belasting doeleindes.

Vir meer inligting en bankbesonderhede, kontak Santie Sauermann by 073 181 4096.

Zander Schoonraadt van Eureka Skool saam met Shaun van Coller in die swembad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button