Local newsNewsNews

Skrywer kuier by D.F

Lekker om te sien hoe groot aanhang het 'n Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywer onder laerskoolleerders.

VANDERBIJLPARK. – Dit was ‘n ongekende lekkerte vir die leerders en personeel van die Laerskool D.F Malherbe.

Die bekende en bekroonde kinderboekskrywer, Jaco Jacobs het by die graad 4 – 7’s besoek afgelê en daar is omtrent foto’s geneem en handtekeninge uitgedeel.

Inamari van Dyk (gr. 6) kry ‘n boek en handtekening by skrywer, Jaco Jacobs

Dit was duidelik dat die jongspan sy boeke en stories baie geniet.

Na die besoek het Jaco op die skool se facebookblad laat weet: “Baie dankie vir die wonderlike ontvangs by jul skool! Die kinders was só oulik.”

Jaco Jacobs en Michael Schoeman (gr.7)

Andries Visagie het die gevoel mooi saamgevat: “Jaco Jacobs, enigiemand wat ‘n liefde vir lees by die kortvolk met die blink oë aanwakker, kry bonuspunte. Mooi so!”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button