Local newsNewsNews

Voormalige Mej Vaal mik vir groot titel

Van Mej. Driehoek en Mej. tot by Mej. Grand SA finalis.

VANDERBIJLPARK. – Suhané Bosch was op haar dag Mej. D.F Malherbe, Mej. Driehoek, Mej. Vaal en Mej. Regal. Nou droom sy daarvan om die Mej. Grand SA kroon te dra.

Suhané saam met haar ma, Susan Bosch, ‘n onderwyseres aan die laerskool D.F Malherbe in Vanderbijlpark. Suhané Bosch het ‘n sagte plek vir mens en dier en beskou haarself as die stem van die s

Alhoewel sy tans in Pretoria woon en werk, beskou sy haarself steeds as ‘n Valie in murg en been.

Haar ma, Susan Bosch is ‘n onderwyseres aan haar alma mater, D.F Malherbe en Suhané maak seker sy bly op hoogte van al die nuus uit die Vaaldriehoek.

Modelwerk is van kleintyd af deel van haar bestaan. “Ek was drie toe my ma my vir modelklasse ingeskryf het. Ek was ‘n skaam kleuter en sy het gedink dit kan dalk help om my selfvertroue te bou,” vertel Suhané.

Suhané Bosch tydens ‘n onlangse loopplank verskyning. Foto: Van Vuuren Photography

Nie net het die modelklasse haar selfvertroue en selfbeeld ‘n hupstoot gegee nie, Suhané het ‘n passie ontwikkel om skoonheidsterapie te studeer en natuurlik modelwerk te doen.

Oor die Miss Grand SA kroningsgeleentheid wat 1 Junie by Emperor’s Palace plaasvind is sy baie opgewonde.

“Ek het besluit om vir Miss Grand SA in te skryf, want ek het aanklank gevind by hul tema van stop the war, stop the violence.”

Self is sy al vir geruime tyd betrokke by People Opossing Women Abuse (POWA).

Die publiek kan tot 30 Mei op hul gunsteling finalis se foto gaan kliek by https://www.facebook. com/MissGrandSA.

Dit is nie om die algehele wenner te bepaal nie, maar die finalis met die meeste “likes” op hul foto sal wel ‘n spesiale toekenning ontvang.

Check Also
Close
 
Back to top button