Local newsNewsNews

‘Ek het baie hoop vir Suid-Afrika’

Is daar nog hoop vir Suid-Afrika? Stephen Venter van Bring Hoop Vaal glo so.

VAALPARK. – Stephen Venter is bekend as die organiseerder van Bring Hoop Vaaldriehoek.

Altyd besig met die een of ander gemeenskapsprojek en nie bang om sy sê te sê nie.

Hoewel hy baie keer met die seer- en noodkant van die lewe in Suid-Afrika te doen kry, is hy steeds hoopvol.

“Weet jy, ek het nou die aand lank gedink aan redes hoekom mense nie moet stem nie. Ek kon nie ‘n enkele een kry nie,” sê hy op sy reguit manier.

“Ek is seker elkeen het hul eie rede hoekom hul gaan stem. Vir my gaan dit oor die toekoms van my kinders. Ons moet omsien na hulle. Hulle is die volgende generasie leiers wat sal moet opstaan en opbou.”

Dink hy daar is nog hoop vir Suid-Afrika? “Ek het nog nooit getwyfel in die mense van Suid-Afrika nie.

“As ons verlede jaar kon saamstaan en saam juig toe die Springbokke die wêreldbeker gelig het, dan kan ons nog saamwerk aan ‘n beter Suid-Afrika.”

 
Back to top button