Local newsNews

Familie van ongelukslagoffer gesoek

Die oorledene se hondjies het die botsing oorleef maar is baie getraumatiseerd.

 

OPDATERING: Die naasbestaandes van wyle mnr. Hannes Visagie was in kontak met dr. Letitia Swartz van Sasolburg Veearts. Daar word tans nie verder na ‘n nuwe huis vir die hondjies gesoek nie. Hulle is veilig. Dankie aan almal vir julle besorgdheid en omgee. 

 

Oorspronklike berig:

Vaalweekblad is op soek na die familie van ‘n middeljarige man wat Saterdag, 25 Mei, in ‘n ongeluk op die R57 tussen Sasolburg en Heilbron gesterf het. Dit was nadat sy Ford Ranger teen ‘n vragmotor van ‘n plaaslike veevoer-onderneming gebots het.
Die man, wat vermoedelik ‘n inwoner van Oranjeville was, het op die toneel beswyk maar sy twee klein hondjies het die ongeluk oorleef.
Die hondjies was duidelik baie geheg aan hul baas. Een van hulle het op die ongelukstoneel op die oorledene se bors gaan lê en was duidelik getraumatiseerd.
Die hondjies is tans in veilige sorg in die Vaaldriehoek, maar hulle kan net tot Vrydag daar gehou word. Indien die familie hulle nie opeis nie, sal hulle waarskynlik teen die naweek na die DBV moet gaan. Om dié rede wil Vaalweekblad graag die oorledene se naasbestaandes, wat dalk nie weet dat die hondjies nog leef nie, opspoor sodat hulle betyds opgeëis kan word en huis toe kan gaan.
Die oorledene se van was vermoedelik Visagie. Sy naasbestaandes is welkom om Retha van Vaalweekblad te kontak by 083 246 0523.
* Hierdie is ‘n ontwikkelende berig. Meer inligting sal volg as meer feite aan die lig kom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button