Gaan jy stem?
Daar is mense wat nie 'n blou duit omgee nie, ander voel dis hul demokratiese reg. Hoe voel van ons lesers?
VANDERBIJLPARK. – Daar word baie gepraat en bespiegel oor die verkiesing van 29 Mei. Nie openlik nie.
Mense skram weg as jy met notaboek en kamera nader staan. ‘n Paar mense het wel gereageer toe ek op facebook vra of hulle gaan stem en hoekom?

Elize van Emmenis Ja, ons gaan stem. Dis ons reg en voorreg. As jy nie stem nie, voel ek dompel jy ons land meer in ‘n gemors. En jy moet dan nie kla oor wat aangaan nie, want jou stem kon daardie verskil gemaak het.

Coert Grobbelaar Natuurlik gaan ek stem. Dit is wat ‘n demokratiese stelsel vereis. Mense besef nie die mag van die stembrief nie. Om te kla help nie, dit is om te doen, wat die verskil maak.

Frans Britz Ek gaan baie beslis stem. Ek vererg my vir Suid-Afrikaners wat met ‘n “ek is ‘n slagoffer van ‘n twat regering” houding rondloop… maar terselfdertyd weier om te stem.
Dis soos mense wat kla dat Afrikaans sleg behandel word deur die “nuwe regime”, maar jy soek tevergeefs vir ‘n Afrikaanse koerant of tydskrif in hulle huise? Dudes, wake up!
