Local newsNewsNews

Parys-waterkrisis: Samewerkingsooreenkoms word bereik

AfriForum se ingenieursverslag wat aan die munisipale bestuurder oorhandig is, sal nou as vertrekpunt van die partye se samewerking in die herstel van die watersuiweringsaanleg dien.

Die erns van die waterprobleme in die Parys- en omliggende gemeenskappe is Vrydag indringend bespreek tussen die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, AfriForum, Save Ngwathe, die Metsi Pompong-waterinisiatief en die Departement van Water en Sanitasie (DWS).

Dit volg op ’n protesoptog Donderdag waartydens inwoners hul frustrasie met die waterprobleme in Parys, Tumahole and Schonkenville te kenne gegee het.

Die partye het onder meer besluit om saam te werk en op die lewering van veilige drinkwater aan die inwoners as ’n saak van dringendheid te fokus.

Daarbenewens het AfriForum ingestem om, op voorwaarde van samewerking, op sekere van sy hangende regsgedinge met die munisipaliteit te skik.

Die organisasie het egter aangedui dat hy gereed is om voort te gaan met regstappe indien samewerking sou misluk.

Die vergadering is afgesluit met die nuwe munisipale bestuurder, dr. F.P. Mothamaha, wat die uitnodiging om samewerking verwelkom het.

AfriForum se prokureurs sal nou met onderhandelinge rakende die skikking begin.

“Die uitkoms van dié vergadering is ’n wen in die belang van die Parys-, Tumahole- en Schonkenville-gemeenskappe en skep nou die ruimte vir samewerking tussen die owerheid en gemeenskappe om saam aan die oplossing te werk.

“Die ware oorwinning sal egter kom wanneer inwoners weer sonder huiwering of vrees die water uit Parys se krane kan drink.

“Ons sal nie ophou werk totdat hierdie oorwinning behaal is nie,” sê Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van Plaaslikeregeringsake.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button