Local newsNews

‘Pasop vir paraffien in diesel,’ waarsku motoris na voertuigskade

Motoris sê dit gaan R35 000 kos om sy bakkie te laat regmaak

 

‘n Besorgde verbruiker van die Vaaldriehoek laat weet dat hy onlangs ernstige skade aan sy voertuig opgedoen het nadat hy vermoedelik diesel wat paraffien bevat het,  ingegooi het. Hy wil weet of ander motoriste dalk dieselfde oorgekom het.

Die motoris vertel:
Ek het onlangs diesel ingegooi by ‘n vulstasie in die Vaaldriehoek, waarna my voertuig binne 1 km onklaar geraak het. Ek het vermoed dat daar dalk fout was met die spesifieke vulstasie se diesel.
Ek het toe weer diesel by dieselfde pomp gaan ingooi, maar dié keer in ‘n kannetjie, wat ek toe laat toets het. Die resultate dui daarop dat daar paraffien in is – en dat dit die rede vir my voertuig se probleem was.
Ek het die resultate van die toets na die eienaar of bestuurder van die vulstasie gevat, maar hy sê dis nie sy probleem nie. Hy het gesê daar is baie voertuie wat die vulstasie se diesel sonder enige probleme gebruik.
Dit is tog teen die wet om diesel te verkoop met paraffien in, dan nie? Dit gaan my R35 000 kos om my bakkie te laat regmaak. My vraag is, hoe kan ek by medeverbruikers uitvind of dieselfde al met hulle gebeur het? Ek het met twee ander mense gepraat wat ook gesê het dat hulle voertuigprobleme gekry het nadat hulle van dié vulstasie se diesel ingegooi het.
* Motoriste wat soortgelyke probleme ondervind het nadat hulle diesel by ‘n Vaaldriehoekse vulstasie ingegooi het, kan Vaalweekblad per WhatsApp laat weet by 083 246 0523.

 

 
Back to top button