Local newsNews

Vernon kry onwelkome diagnose maar is reg om te veg!

Musikant vertel in sy eie woorde van die afgelope 3 weke se beproewing en behandeling

 

VANDERBIJLPARK. – Vir twee jaar het die musikant Vernon Muso geveg teen ‘n siekte wat hom fisies en emosioneel gedreineer het. Hy het gedink dit was net ‘n maagseer.
Danksy ‘n insamelingveldtog wat sy Vaaldriehoekse ondersteuners en vriende onlangs vir hom geloods het, kon hy die afgelope drie weke intensiewe toetse ondergaan om vas te stel wat presies fout is. Die diagnose was een wat niemand wil hoor nie: Vernon het kolonkanker.

Vernon het Vaalweekblad verlede Woensdag (22 Mei) sรณ oor die diagnose ingelig:
“Ek’t vandag uitslae gekry dat ek kolonkanker het. Initially was dit ‘n groot yskoue-water skok, maar ek’s darem oor die ergste nou…
Hulle opereer more om die gewas van die res van die dikderm te isoleer en sommer ook aan die maagseer aandag te gee, wat beteken dat daar nog ‘n hele paar ops voorlรช vir my.
Ek will graag die fasiliteite en mediese personeel hier by Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal besing. Want sowat van ‘n positiewe ervaring het ek nie by ‘n Staatshospitaal verwag nie!๐Ÿ™.”
Ek weet dis ‘n lang en uitdagende pad wat voor my lรช, maar met almal se liefde en ondersteuning is ek seker ek kan dit doen.
Ja, ek is bang. Ja, ek is confused. Ja ek is bekommerd, maar…. I’M NOT GIVING UP. NOT EVEN ONE INCH!๐Ÿ’•.

Op 23 Mei laat weet Vernon:
Ek was toe vandag teater toe. Hulle het die kankergewas in my kolon weggesny van die res van die dikderm. Daarna vir my ‘n sakkie aangesit. Die gewas gaan nou oor die komende maand bestraal word in ‘n poging om hom te krimp sodat hy verwyder kan word. Die maagseer is in dieselfde asem sommer ook aangespreek.

Vernon se boodskap op 26 Mei:
Sondagaand… Onder omstandighede dink ek dat ek nogal goed doen! So, na drie volle weke in die hospitaal, 6 345 inspuitings (dit voel VERSEKER so!); 4 000 liter bloed, (dit was baie!), 1 865 smaaklose etes en twee operasies, stem die doc saam… Vernon verdien ‘n blaaskansie! ๐Ÿ˜
So more gaan ek bietjie huis toe vir ‘n paar dae. Ek moet Donderdagoggend terug wees.

So nou moet ons nog:
1. Die MRI scan doen om te kyk hoe ver die kanker al versprei het,
2. Die chemo begin vir die volgende maand, om te kyk of die gewas ‘n bietjie gekrimp kan word sodat die chirurg dit veilig kan verwyder.
3. ‘n Derde operasie om dit te verwyder.
4. ‘n Vierde operasie om die kolon weer aan die rektum te heg sodat alles hopelik na normaal kan terugkeer.
Weer eens baie dankie vir almal se gebede en ondersteuning. Ek waardeer julle SO baie ๐Ÿ’•๐Ÿค—.
Die fondsinsameling het ALLES moontlik gemaak en weer hoop gebring waar daar net pyn en despair was.
So terloops, die insameling het net oor die R6 500 ingebring en Gasmonkey het nog bygesit om dit ‘n ronde R10 000 te maak. Thanks Graham Duncan. You’re like a brother to me… And not forgetting my bud Mark Carter. You had my back since Covid. You KNOW that I appreciate u… Thank you for your contribution bro๐Ÿ‘Š. YES I know about it!๐Ÿ˜๐Ÿ™. My vriendin Tanya V…. lank voor die fundraiser het jy al jou contribution na my toe gemaak. So baie dankie. Love u, Sussa. Elmien en Benice. Julle lรช my baie na aan die hart.
Dankie nogmaals vir almal se liefde en ondersteuning. Ek sien julle binnekort.
Alle liefde ๐Ÿ’•

  • Die geld wat tydens die onlangse veldtog by Gasmonkey ingesamel is vir Vernon se mediese toetse en dringendste behoeftes is ongelukkig nou uitgeput. Enigiemand wat hom graag met ‘n donasie wil bystaan, kan ‘n inbetaling maak aan VR Philander, Standard Bank, Savings ACC number: 27 554 9364, Branch: Bayside, Branch Code: 022209.
  • Vernon Muso en die bekende Country-sanger, Lance James, kort voor laasgenoemde se dood in 2020.
    Diรฉ onlangse foto toon dat Vernon die afgelope twee jaar baie gewig verloor het en dat die siekte sy kragte erg begin knou het.ย 

     

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button