Local newsNewsNews

Besige dag by Vanderbijl se stembusse

Dis stemdag en Vaalweekblad het by 'n stemlokaal of twee gaan draai.

VANDERBIJLPARK. – Dit het teen vanmiddag 13:00 se koers besig, maar goed, gegaan by die meeste van Vanderbijlpark se stemlokale.

By Laerskool Totius en Laerskool Frikkie Meyer moes nog skanderingsmasjiene gekry word en by Laerskool Oospark het die skanderingsmasjiene vroegoggend bietjie gehak. Andersins verloop dinge rustig.

Etienne Human, Nicole de Klerk en Madelé Cotton by die HS Driehoek. Foto: Gerda Bruinette

By die Laerskool Oospark het ʼn paar mense teen 13:00 besluit om bietjie later terug te kom omdat die rye te lank was. Die verskillende politieke partye buite die stemlokaal was egter positief en daar het ʼn gemaklike atmosfeer geheers.

Die grootste probleem by die stemlokale wat Vaalweekblad besoek het, is parkering.

Mense moet ver stop en loop om by die lokale uit te kom. By die Laerskool Frikkie Meyer kronkel die ry al heeldag in die straat af, wat dit nog moeiliker maak om daar te ry en parkeerspasie te verkry.

Op hul pos by Laerskool Oospark. Francois du Plessis, Shirley Labuschagne, Beula Oosthuizen, Caylin Scholtz en Bertus Matthysen. Foto: Gerda Bruinette

Mense het daar tot vyf ure en meer in die ry gestaan.

By die Hoërskool Driehoek was die gemiddelde staantyd sowat 2 ure teen 13:30.

Goeie terugvoer oor vriendelike diens van die amptenare in die saal is ontvang. Buite was die mense onder die groen, blou en geel gasebo’s ook nog heel vrolik en vol grappies.

Sterkte aan al die IEC amptenare wat al van bitter vroeg op hul pos is en eers die lokale kan verlaat nadat al die stembriewe getel is, lank na die 21:00 sluitingstyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button