Local newsNewsNews

Dis hoekom jy moet stem

Aanvaar ons maar net alles of staan ons op en gaan stem?

VANDERBIJLPARK. – Die stembusse is oop tot 21:00. As jy nog nie gaan stem het nie, doen so. Die rye is lank. Dis lank staan, maar as ons nie nou stem nie, beteken dit ons aanvaar dat ons dorp maar so lyk.

Ons aanvaar dat dit normaal is om vanuit ‘n boulevard op ‘n sypaadjie te moet klim om ‘n massiewe slaggat gevul met water mis te ry.

Ons aanvaar maar dat die paaie na die stempunte vol gate is. Dat die skole waarby daar al vir jare gestem word uitmekaar val en dat daar “bouprojekte” al vir jare aan die gang is wat maar net nie klaarkom nie.

Ons aanvaar die korrupsie. Ons aanvaar die swak dienslewering.

Nonsens. Dis ‘n demokratiese land en die landsburgers moet van hul laat hoor. Nou is die tyd.

Ek gee nie om vir wie of watter party jy stem nie, maar doen die moeite en gaan stem. Asseblief.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button