Local newsNewsNews

Laerskool Totius plant eie wortels

Laerskool Totius in Vanderbijlpark se eerste groentetuin is in wording.

VANDERBIJLPARK. – Die Laerskool Totius het ‘n plantkoepel van Helpende Hand Vanderbijlpark-tak ontvang en daar is dadelik wortels geplant.

Dit word nou met liefde en opgewondenheid versorg. Die plantkoepel is deel van Helpende Hand se PlantSelfprojek.

Volgens Helpende Hand se webtuiste wil die PlantSelfprojek gemeenskappe aktiveer om selfonderhoudend te wees.

‘n Plantkoepel is ‘n draagbare kweekhuis wat herhaaldelik gebruik kan word. Enige skool kan die plantkoepels aankoop en aanwend.

Dis beskikbaar vir die publiek om aan te koop of te skenk by www.plantself .co.za.

Vir meer inligting, kontak Mariëtte van de Werken by 071 548 8013 of mariette@ helpendehand.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button