Local newsNewsNews

Vat maar ‘n stoel saam stembus toe

VANDERBIJLPARK. - Dit is duidelik dat Suid-Afrikaners van hul stemreg gebruik wil maak. Vat maar jou stoel saam, want die rye is lank en dit wil voorkom of daar by van die stemlokale te min werkers is.

Vaalweekblad het by die stemlokaal by LS Totius en LS Frikkie Meyer gaan inloer om te sien hoe die stemmery vorder.

By altwee lokale het die rye tot buite die skool, tot in die straat af gestaan.

Die enigste raad is om maar ‘n stoel saam te vat, so bietjie water of koeldrank, en jou beurt af te wag.

Geduldig wat hulle hul beurt af. Foto’s: Elsje Vermeulen

Die stemmers is darem al by die hek van die skool, terwyl ander klaar hul merk gemaak het.
By LS Frikkie Meyer staan die mense ook in ‘n lang ry.
“Ons wag vir ons beurt”.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button