Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet

Die jongspan van Primêre skool Fonteine in Sasolburg droom groot oor wat hul eendag wil word. Gerda Bruinette het by die gr. 1 – 3’s gekuier en hul opinies gehoor.

JJ van der Merwe Ek gaan ‘n professionele jagter word. Ek oefen al met my speel ‘guns.’ Ek en my vriend Ethan gaan baie geld maak.

JJ van der Merwe

Shenescké Hartmann ‘n Dieredokter of ‘n aktuaris, dis iemand wat moeilike somme kan maak. Ek hou baie van diere. Ons het baie voëls, drie honde, een vis, ‘n papegaai en ‘n verkleurmannetjie.

Shenescke Hartmann

Josias du Toit ‘n Paleontoloog. Dis iemand wat op die see en op die land grawe en dan bene uitgrawe wat hulle in ‘n museum sit. Dinosourusbene.

Josias du Toit

Kiantey Voorby Ek gaan president van Suid-Afrika word en ‘n miljoenêr wees.

Kiantey Voorby

Liané Jansen van Rensburg Daar is baie goed wat ek gaan word. Dokter, veearts, sanger (ek kan sing), boer en juffrou.

Liané Jansen van Rensburg

Carli Erasmus Ek weet nie. Ek is nog nie eens in graad 7 nie. (Sy is in graad 2). Miskien ‘n hoërskooljuffrou in wiskunde en Afrikaans. Ek sal nie kwaai wees nie.

Carli Erasmus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button