Local newsNews

Te midde van hartseer moet ma nou geld vind vir seun se laaste groet

Allan (38) het verlede Dinsdag weens septisemie in die Kopanong-hospitaal gesterf.

 

VANDERBIJLPARK. – Vir Charmaine van der Westhuizen lê die trane nog vlak nadat sy haar seun, Allan, op 4 Junie aan die dood moes afstaan.
Allan (38) het verlede Dinsdag weens septisemie in die Kopanong-hospitaal gesterf. Dit was nadat sy een arm ‘n tyd gelede geamputeer moes word.

Allan is in Vereeniging gebore en het in Vanderbijlpark grootgeword. Hy was ten tyde van sy dood werkloos, maar het homself graag besig gehou met houtwerk en tuinwerk en het ‘n groot voorliefde vir mooi liggies gehad, sê sy ma.
“Hy was ‘n saggeaarde, liefdevolle mens… altyd bereid om sy medemens te help. Almal het altyd gesê hy lyk soos Leonardo DiCaprio se tweeling,” sê Charmaine.
Hy word buiten sy moeder ook oorleef deur ‘n seun en dogter, sy susters, swaers, hul kinders en sy vriende.

Allan se gedenkdiens word beplan vir Woensdag, 12 Junie om 10:00 by Martins Begrafnisondernemers in Petterstraat 2, Vanderbijlpark, maar Charmaine benodig nog sowat R8 000 om vir sy laaste groet te kan betaal. Sy moet dit voor 13:00 op Dinsdag 11 Junie betaal.
Enigiemand wat dié gebroke ma geldelik wil bystaan om vir die begrafnis te betaal, kan ‘n inbetaling doen aan C.C. V D WESTHUIZEN, Capitec, Spaarrekening: 1698168215, Vanderbijlpark.

 

Wyle Allan van der Westhuizen
Wyle Allan van der Westhuizen nadat sy arm onlangs geamputeer is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button