AdvertorialBusinessNewsSponsored

Kontak raakvatter Lourens vir alle werk aan jou huis of sakegeboue

Met byna 40 jaar se ervaring in die bedryf kan kliënte seker wees van uitmuntende werk!

Droom jy daarvan om jou huis of sakegeboue te omskep in een wat lyk soos dié in decor-tydskrifte? Maak dan kennis met Lourens Roolvink by 081 286 3120.

Hy doen pragtige huisverbeterings en algemene onderhoudswerk, maar hy en sy span is ook kenners op dié terreine: 

Algemene Loodgieterswerk
Geblokte dreine
Lekkende pype
Bouwerk
Plafonne
Teëlwerk
Verfwerk
Hy is ook baie kundig op die gebied van Gas en Sonkrag.

Lourens werk in die hele Vaaldriehoek en het reeds byna 40 jaar se ervaring. Hy was maar ‘n skoolseun van 14 toe hy al begin het om naweke en vakansies in sy pa se onderneming te werk. Aan ervaring kom hy dus niks kort nie. Op kosskool en in die weermag het hy ook gou naam gemaak met sy loodgieterswerk, waarmee hy destyds ‘n ekstra sakgeldjie verdien het. Terwyl hy destyds vir sy ambag as passer en draaier geleer het, het hy ook loodgieterswerk en instandhouding gedoen en dit mettertyd voltyds as loopbaan gekies. Vandag is hy bekend as ‘n besonder bekwame sakeman vir wie beginsels soos werkstrots nog regtig saakmaak.

Sy sakeondernemings sluit onder andere in:
Handy Home Repairs
Greenworld Solar Pty
Handy Home Gas
P.r.i.m. Contractors

Lourens Roolvink. Kontak hom by 081 286 3120 vir uitmuntende werk in en om jou geboue.

Kontak Lourens by 081 286 3120 vir enige van die genoemde take. Hy sal jou met raad en daad bystaan en seker maak jou huis of sakegebou is ‘n ware juweel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button