Local newsNews

Hartseer nuus: Voormalige MooiVaal-joernalis sterf

Voormalige misdaadverslaggewer van Vaalweekblad & Ster vanoggend oorlede

 

MooiVaal Media het vanoggend, 21 Junie, die nuus ontvang dat ‘n voormalige verslaggewer/fotograaf van Vaalweekblad & Ster, Jannie du Plessis, vroeg vanoggend in Mosselbaai oorlede is. Die oorsaak van dood was vermoedelik ‘n hartaanval.

Jannie was etlike jare misdaadverslaggewer en digitale inhoudskepper by MooiVaal Media voordat hy in 2019 by Mossel Bay Advertiser aangesluit het.

Jannie was nie net ‘n ywerige joernalis nie maar sal ook onthou word vir sy uitmuntende fotografie. Terwyl hy destyds deel van MooiVaal Media se span was, het sy fotografie hom hy verskeie van die land se toptoekennings in die Gemeenskapspers besorg.

MooiVaal Media se personeel sal Jannie nie net as ‘n gewaardeerde kollega onthou nie, maar ook as ‘n lojale vriend wat uit sy pad gegaan het om ander te help. Ons innige meegevoel aan sy familie.

‘n Volledige berig en huldeblyk volg in Vaalweekblad se papieruitgawe van 28 Junie.

Wyle Jannie du Plessis
Wyle Jannie du Plessis.
Jannie met sy kamera kenmerkend om sy nek.

 

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button