Familie soek na vermiste seun
Laat weet asseblief sy sussie Annelize as jy hom dalk gesien het of weet waar hy is.

Sekere ongure woonbuurte van Vanderbijlpark het deur die jare ‘n toevlugsoord vir jongmense geword as hulle huisloos geraak of hul lewensomstandighede probeer ontvlug het. Baie ouers en familielede het Vaalweekblad al gevra om te help om hul kinders, wat vermoedelik in sulke woonbuurte met ‘n slegte reputasie is, op te spoor.
Een so ‘n geval is Albertus Wynand van Heerden. Sy suster Annelize van Heerden laat weet:
“Ek wil graag uitvind of enigiemand my boetie gesien het. Sy naam is Albertus Wynand van Heerden. Dis nou al drie maande wat ons niks van hom hoor nie. Hy is net weg. Asseblief mense, as julle ons asseblief kan help soek. As iemand dalk inligting het, kontak my asseblief per WhatsApp by 060 901 5621. Ek vra dit met trane in my oë. Iemand moes hom gesien het. Hy was laaste gesien in Vanderbijlpark in die gebied wat as Porra Town bekendstaan. Hy is 27 jaar oud, het bruin hare en blou oë en is lank en skraal.”
- Mense wat weet of vermoed waar hy is, word versoek om Annelize te kontak. Indien jy nie self betrokke wil raak nie maar inligting het wat kan help om hom op te spoor, kan jy Vaalweekblad anoniem kontak by 083 246 0523. Ons waarborg dat jou identiteit aan NIEMAND bekend gemaak sal word nie. Sy familie wil net weet dat hy oukei is.

