Local newsNews

Kom Wiggle Waggle by Stonehaven!

Jy kan jou hond ook vir verskeie kompetisies inskryf en pretpryse wen!

 

VANDERBIJLPARK. – Hier wag Saterdag, 29 Junie, weer hope pret by Stonehaven-on-Vaal se jaarlikse Wiggle Waggle Day.
Die jaarlikse pretdag is ten bate van die Dierebeskermingsvereniging.
Bring jou gesin sowel as jou vierpoot-kinders Saterdag na Stonehaven en kom geniet die dag saam met ander hondeliefhebbers.
Toegang is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Honde kom gratis! Hekke open die oggend om 08:00 en die stap begin om 09:00, waarna almal die dag rustig op die walle van die Vaalrivier kan geniet. Stalletjies is nog beskikbaar – kontak Stonehaven by (016) 982 2951/2.

Hier onder is ‘n paar foto’s uit Vaalweekblad se argiewe van vorige jare se Wiggle Waggle Dae:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button