Bernice Wesley met Missy. Missy is op 6 weke in die veld gevind, maar vandag is sy 'n gesonde en bederfde bondel liefde. Foto's Gerda Bruinette
VANDERBIJLPARK. – Die bewolkte weer het nie die vierpotige vriende afgesit nie.
Hanné Daniels en Frikkie.
Saterdag, 29 Junie het hulle in alle groottes en style opgedaag vir Stonehaven-on-Vaal se jaarlikse Wiggle Waggle Day ten bate van die plaaslike DBV.
Lizelle, Harley en Luno Seyman het die winterkoue in pienk aangevat. Foto’s Gerda Bruinette
Vir die kleingoed was daar speletjies op die grasperk en die honde kon luilekker kuier, terwyl hul mense-ouers ontspan het.
Marcelle Daniels en Mielie ontspan na die oggend se bedrywighede.Cherise en Baily Senekal het derde plek behaal in die “Look alike” afdeling.Samy of Samantha as sy nie wil luister nie, is ‘n regte diva en het al die ekstra aandag baie geniet.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za