Local newsNews

Mooi yskristalle te midde van bibberweer

Dis yskoud in die Vaaldriehoek!

 

Die Vaaldriehoek het waarskynlik laasnag sy koudste nag tot dusver hierdie winter beleef. Die kwik het in verskeie dele van die gebied tot ver onder vriespunt gedaal.

Gert le Roux van Meergrow Nursery/Kwekery het vanoggend op ‘n pragtige toneel afgekom waar water in ‘n voëlbak verys het.  (Mullerstuine is in die hoewe-gebied net buite Vanderbijlpark).

Gert sê hulle het gelukkig min skade aan hul plante omdat hulle die sensitiewe plante saans met rypdoeke toemaak.

So het dit vanoggend by Meergro Kwekery gelyk nadat die temperatuur oornag tot onder vriespunt gedaal het.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button