Local newsNews

Beeste het geen kos oor na groot brand buite Vaaldriehoek

Boere benodig dringend bale gras vir hul beeste

 

Boere van die plaasgemeenskap, so 30km buite Vanderbijlpark, rigting Fochville, het vandag (12 Julie 2024) groot skade gely weens ‘n brand wat plek-plek steeds woed.

Een van die boere, Hennie Malan van die plaas Klipkop, het vanaand laat weet:
“Ons weet nie hoe en waar die vuur ontstaan het nie. Met die wind was dit ‘n saak van ontmoontlikheid om die vuur te blus. Boere van ons omgewing het bontgestaan. Soos ek nou skryf is daar nog areas wat brand, waar die boere steeds probeer blus. Die vuur het oor twee grondpaaie gespring. Een van die boere het 40 hektaar se mielies verloor.
“Ons grootste probleem op die oomblik is dat ons nie kos vir ons beeste het nie. Alles is verwoes. Ons vra of daar nie asseblief hulp kan wees met skenkings van bale gras vir ons en ons bure nie? Ons het ongelukkig nie die finansies om bale aan te koop nie.”

Hennie sê hy weet in hierdie stadium nog nie of enige mense in die brand beseer is nie. Hy weet ook nog nie of daar enige diereverliese is nie.
Enigiemand wat dalk grasbale kan skenk of die boere op ‘n ander manier wil ondersteun, kan Hennie per WhatsApp kontak by 0824985277.

Na die brand is die wêreld pikswart, met geen gras vir die beeste nie.
Boere van die gebied het vandag groot skade weens die brand gely.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button