Local newsNewsNews

Soos wafferse ysbere in die koue winter water

Die Vaaldriehoek se kampvegters vir MS-lyers, Rozaan Steyn en Gerrie Hadders het nog 'n groot avontuur agter die blad.

ALDAM – Die 29ste Ysbeerswem vir liefdadigheid het Saterdag, 29 Junie by Aldam in die Vrystaat plaasgevind.

Onder die 180 swemmers wat die ysige koue water (9°C) aangedurf het, was daar ook Veelvoudige Sklerose (MS) lyers van MS Hoop.

Rozaan Steyn en Gerrie Hadders het albei MS en hulle het besluit om die koue water aan te durf ten einde MS-bewusmaking te bevorder.

“Ons het die swem opgedra aan ons versorgers, families en vriende,” vertel Rozaan. Sy het weke vooraf begin voorberei deur te swem en koue storte te vat.

Gerrie reken al daardie voorbereiding is net te stresvol, hy het ‘n bottel sjerrie gekoop vir die uitklimslag.

Saam met die dapper duo is Rozaan se ma, Ansie, Zelda Van Deventer, Tanya de Jager en Muruim van Rensburg ook braaf die dam in, terwyl familie van so ver as Rustenburg en Welkom morele ondersteuning van die kant af gebied het.

“Ons was maar albei bietjie benoud vooraf, maar die mense was almal baie vriendelik en ondersteunend,” vertel Rozaan.

“Jy is die een wat bang was vir die krokkenosters,” voeg Gerrie by en lag lekker. “Maar, jy sou ook benoud geraak het as daar vyf groot 4×4 SARZA Search & Rescue voertuie langs die dam gestaan het.”

Almal het die dag baie geniet en sê hulle sal dit volgende jaar graag weer doen.

Rozaan se groep, MS Hoop het die afgelope jare ‘n groot rol gespeel in MS-bewusmaking.

MS-lyers van regoor die land vorm deel van die groep en bied mekaar ondersteuning deur die goeie en moeilike tye.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button