Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet: Is daar lewe op ander planete?

Wat is ‘n planeet? Is daar lewe op ander planete? Gerda Bruinette het agtergekom dat LS Emfulenipark se jongelinge glo meestal nie in ‘aliens’ nie, maar wel in die tandefeetjie.

Nathan Mollers Ek is die Policeman. Catman is evil. Hy word deur aliens gehelp. Daar is baie alien-goggas en ek gaan hul doodmaak met my mes, gun en helikopterbullets. (Graad 1’tjie met ‘n lewendige verbeelding!)

Nathan Mollers

Milah de Villiers ‘n Planeet is die ding waarop ons bly en dis op in space. Nee, daar is nie lewe op ander planete nie.

Milah de Villiers

Franco Barnard Ek weet nie regtig nie, maar daar is lewe op ander planete.

Franco Barnard

Caden Jackson Aliens bestaan nie regtig nie, net in stories. Anders het hul op die aarde gekom en alles destroy.

Ek het twee tande gewissel, maar wag nog vir die tandmuis om my te betaal.

Caden Jackson

Ava van Niekerk Die aarde en maan is planete. Planete is gemaak van verskillende goed. Die son is ‘n ster.

Daar is nie lewe op ander planete nie. Ek lees baie en die boeke sê niks van aliens nie.

Ava van Niekerk

Amoré Calitz Ons bly op ‘n planeet. Jy geweet, die sterre raak nie weg in die dag nie? Hulle bly waar hul is, ons kan dit net nie sien nie.

Aliens bestaan net in stories. Dis nie die Tandmuis nie, dis die Tooth Fairy. Sy is baie ryk en het my tand uitgekry toe ek dit ingesluk het.

Amoré Calitz

 

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button