Local newsNewsNewsSport

Die vuiste het geklap, die skoppe was raak

Vereeniging se Stallions het koning gekraai by die Ring Contact Fighting Arts (RCFA) Best of the Best toernooi.

VEREENIGING – Verlede Saterdag het die spanning hoog geloop by Phoenix High School.

Die saal was gepak vir die Ring Contact Fighting Arts (RCFA) Best of the Best toernooi.

Jade Deysel van die Stallions moker Karin Coetzee van Midvaal klub. Karin het die geveg met ‘n verdeelde beslissing van die beoordelaars gewen. Foto: Gerda Bruinette

Die groot kryt was voor in die saal opgestel, die beoordelaars en amptenare was gereed en die vegters het nie teleurgestel nie.

Veertien klubs, van so ver as Pretoria, Nelspruit en Potchefstroom het aan die toernooi deelgeneem.

Die vegter was amper uit op sy voete na ‘n harde, ongeoorloofde, hou teen die kop.

Van die jongstes tot die veterane, mans en vroue, het sake uitgespook en uiteindelik het die Stallions van Vereeniging met vier goud, vyf silwer en 80 punte die eerste plek verower.

Die tweede plek is ingeneem deur Radja van Hartswater en in die derde plek was Elite.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button