NewsNewsSport

Koue kon nie hengelaars keer

Hulle sê 'n slegte dag langs die viswaters is steeds beter as 'n goeie dag op kantoor. Vra maar vir die manne en dames van die Groenpunt Hengelklub.

VAALDAM – Die visse het traag gebyt, maar uiteindelik het die Groenpunt Hengelklub se maandkompetisie 39 visse opgelewer.

Johan Jordan, Wimpie Willemse en Gerrie Smith het die eerste drie plekke behaal tydens Groenpunt Hengelklub se maandkompetisie.

Die kompetisie het Dinsdag, 17 Julie by Moolmans sloep plaasgevind. Johan Jordan het die grootste vis vir die dag, ‘n karp van 3.776kg gevang en was ook die lootjie wenner.

Die meester wenners was Johan Jordan (1ste) met vyf vis wat 10.674kg geweeg het, gevolg deur Wimpie Willemse in die tweede plek met vyf vis (7.67kg) en Gerrie Smith derde met 6 vis wat die skaal tot by 5kg gebring het.

Die dames wenner was Vanessa Smith. Sy het vier visse gevang met ‘n totale gewig van 2.930kg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button