Local newsNews

Hoe weet mens as jou swembad lek?

Hier is slim raad om uit te vind...

Swembadeienaars het al dikwels op Vaalweekblad se Facebook-groep laat weet dat die watervlak van hul swembaddens skynbaar vinnig daal en dat hulle bekommerd is daar is dalk ‘n kraak. Hoe kan mens uitvind of dit normale verdamping is, en of daar miskien ‘n baie groter probleem is?

Hier is een van die navrae wat ontvang is, gevolg deur ‘n brokkie goeie raad:

Gefrustreerde swembadeienaar van die Vaaldriehoek skryf:
Goeiemore lesers, ek wil net bietjie uitvind by almal wat swembaddens het, hoeveel water verdamp per week in die winter?
My swembad verloor omtrent 5cm ‘n week…..is dit reg? Of het ek ‘n lekprobleem? Ek is al raadop en oorweeg dit om die swembad van kant te maak. Nog ‘n vraag: Is daar mense in die Vaal wat swembaddens professioneel toegooi? As ek dit doen wil ek dit ordentlik laat doen sodat ek nie later met sinkgate in my erf sit nie.

‘n Vaalweekbladleser, Francois van der Merwe, gee hierdie raad om vas te stel of jou swembad lek:
Jy vat ‘n 20 liter emmer en sit hom op jou swembad se eerste of tweede trap neer. Vul die emmer tot dieselfde vlak as wat jou swembad is. As jou swembad se watervlak die volgende dag laer is as in jou emmer, dan het jy ‘n lek. As albei se vlak dieselfde is, is dit bormale verdamping. Doen dit oor ‘n tydperk van 24 uur of langer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button