Local newsNews

Jeugland se maandprogram vir senior burgers

Alle seniors is baie welkom. Skakel me. Kartinka Nel of me. Mignon Venter by (016) 933-3995 vir meer besonderhede.

VANDERBIJLPARK. – Jeugland Dienssentrum vir senior persone bied elke Donderdagoggend ‘n interessante program aan. Dit sluit praatjies oor verskeie onderwerpe vir senior burgers in en besoekers kan ook hul bloeddruk laat neem en suikervlakke laat toets. Die byeenkomste vind Donderdae vanaf 09:30 tot 11:00 plaas. Die koste is R10 per persoon.
Dagboek solank dié lekker kuiergeleenthede in Augustus, waar die volgende onderwerpe bespreek gaan word:
1 Augustus: Om reg te val – Die geestelike geleenthede van die verskillende fases van die lewe. Aanbieder: Ds. Rethie van Niekerk (NG Driehoek).
8 Augustus: Anglo-Boereoorlogherinneringe – Vaaldriehoek Kultuurnetwerk.
15 Augustus: Depressie – die siekte wat nie diskrimineer nie. Aanbieder: Linda de Villiers, Riverview Apteek.
22 Augustus: Note Raai. Aanbieder: Christo Riekert.
29 Augustus: Maak ‘n verskil. Aanbieder: Madelein de Beer.
Alle seniors is baie welkom. Skakel me. Kartinka Nel of me. Mignon Venter by (016) 933-3995 vir meer besonderhede.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button