NewsNewsSport

Welgedaan aan die Sedibeng Judo span

Plaaslike judoka bring goeie medalje-oes huis toe.

VANDERBIJLPARK – Sedibeng het ‘n sterk span na die Judo Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gestuur wat van 2 – 5 Julie in Bloemfontein gehou is.

Agter: Vincent van Schalkwyk (Silwer Kime-No-Kata), Liebe Greyling (Goud Nage-No-Kata en Brons), Philip Pretorius (Goud Nage-No-Kata, Silwer Kime-No-Kata en Brons), Tristen Hayes (Goud Kime-No-Kata) en Michael van Schalkwyk. Middel: Danique Scheepers (Goud Kime-No-Kata en Brons), Mary-Ann van Schalkwyk (Goud), Mishka Scheepers (Goud) en Beate van Schalkwyk (Brons). Voor: Luan van Vuren (Silwer), Matt Lodetti (Silwer), Sinteche Hendricks (Silwer), Nicholas Gammage (Silwer). Afwesig: Lehan Prinsloo (Silwer), Zayden Viljoen (Goud), Duan van den Berg (Silwer), Zavior Prinsloo (Goud), Jacey Moll (Goud) en Ben Mbiya (Brons). Foto: Gerda Bruinette

Die span het hul goed van hul taak gekwyt en met nege goue, agt silwer en vyf brons medaljes huis toe gekom.

Charmaine van Vuren van Sedibeng Judo sê hulle is trots op elke spanlid. “Judo in die Vaaldriehoek is nie baie groot nie, maar hulle het baie goed gevaar.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button