Local newsNewsNews

Wat maak die Fonnies daar?

Daar was Vrydag groot pret by die Primêre Skool Fonteine. Hier is van die foto's, meer in Vaalweekblad van 2 Augustus.

SASOLBURG – Die leerders van die Primêre Skool Fonteine doen dinge voluit, of hul doen dit glad nie.

Hulle het dit weer Vrydag bewys toe die hele skool aan hul pretdag deelgeneem het. Nadat almal in klasverband ‘n “minicomrades” om die skool voltooi het, was dit tyd vir die groot pret om te begin.

Die jongspan het die pa’s en onderwysers by die braaivleisvure oorval waar hul vleis gebraai is. Daar is lekkernye uitgedeel en die bonus van die dag, kleurpoeier.

Onder streng opdrag om anderkant die krieketveld te gaan speel het eers die juniors en toe later die seniors mekaar behoorlik getakel.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button