VAALPARK – Leroi le Roux weet hoe om ‘n diskus te gooi dat hy doer stof maak.
Onder die o10’s van die Laerskool Kollegepark is hy hulle geliefde skrumafrigter. ‘n Positiewe rolmodel met ‘n groot hart.
Sy vrou, Lorandi-Mari is bekend as die vriendelike tandarts, Dr. Lorandi Kruger van die Smile Gallery.
Op 26 Julie het die Le Roux’s egter nuwe rolle aangeneem toe Baba Lincoln Leeuw le Roux gebore is.
Die jongeling se geboorte is met vreugde en baie gebed deur familie en vriende vir nege maande ingewag. Eintlik heelwat langer.
Die egpaar is in 2013 getroud en het vir jare uitgesien na die kleinman se koms.
Vaalweekblad was bevoorreg om Licoln op sy tweede dag tuis te ontmoet, of ten minste af te neem, die jongeling laat hom nie wakker maak deur ‘n flitsende kamera nie.
