Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet: Hoekom was dit ‘n vakansiedag?

Vrouedag was op ‘n Vrydag, wat vir ‘n langnaweek gesorg het. Weet Laerskool Kollegepark se juniors hoekom dit ‘n vakansiedag was?

Vlak voor die langnaweek in Augustus het Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark se graad 1’s -3’s die volgende te sê gehad oor die vakansiedag.

Adriaan Nel

Adriaan Nel Dis ‘n kort vakansie omdat ek in al die wedstryde gespeel het die afgelope ruk. Krieket en hokkie.

Tamlynn Victor

Tamlynn Victor Dis vakansie, want dis Vrydag. Ek gaan net in die bed lê en lui wees.

Ava Steyn

Ava Steyn Ons werk baie hard. Dis ‘n lang dag op skool, so ons het nou ‘n vakansiedag. Ons almal werk te hard.

Elné Spamers

Elné Spamers Ons het ‘n vakansiedag om te rus en dis Vrydag.

Zwanique Jacobs

Zwanique Jacobs Dis Ma-dag en ‘n langnaweek. Ek gaan vir my ma ‘n kaartjie skryf en ontbyt en koffie in die bed vat.

Michelle van Wyk

Michelle van Wyk Dis Vrouensdag. Ek gaan vir Mamma ‘n kaartjie gee en net af wees vir die dag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button