Local newsNewsNews

Jarelange Sasolburg-inwoner sterf

SASOLBURG - Andries Mans, ‘n jarelange inwoner van Vaalpark, is onlangs oorlede en sal beslis deur sy familie en die gemeenskap gemis word.

Andries is onverwags op 3 Augustus oorlede na ‘n baie kort siekbed.

Hy het vir amper 40 jaar as chemiese ingenieur by Safripol gewerk. Hy het in Desember 2018 afgetree.

Andries was baie betrokke in die gemeenskap, sy kerk en veral by verskeie sending uitreike. Hy was ook vir nege jaar die voorsitter van die Ereveldwagters Streek in die Vaaldriehoek. Dit het hy met ‘n passie gedoen en by talle projekte in verskeie Nationale Parke ‘n reuse bydrae gelewer.

Hy was ook ‘n stapgids wat sy passie vir die natuur met ander kon deel.

Sy vrou, Myrtle en dogters Lizette en Cecile, asook hul eggenote wil hiermee elkeen bedank vir die ondersteuning en gebede die afgelope tyd.

“Hy sal vir altyd gemis word”.

Wyle Andries Mans.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button