VAALPARK. – Die Hoërskool Vaalpark rou nadat een van sy geliefde onderwysers mnr. Jurgen van Rensburg (47) gesterf het.
Medeley stroom steeds van oral in. Hy het volgens sy kollegas nie net ‘n groot impak op leerlinge gehad nie maar was geliefd onder sy kollegas wat saam met hom NSS-nasienwerk gedoen het.
Hy word deur kollegas as ‘n passievolle onderwyser en mens bestempel wie se afwesigheid ‘n groot leemte gaan laat.
Die reëlings vir sy begrafnis sal deur die verloop van die week bekendgemaak word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
