Local newsNewsNews

Groot dele van Vanderbijl alweer sonder krag

Duisende inwoners van verskeie woonbuurte is hierdeur geraak en wonder nou hoe lank die herstelwerk gaan neem.

Verskeie inwoners vrees dat hulle weer vir dae of weke sonder krag gaan sit en het reeds hul misnoeë op sosiale media gedeel.

Die rede hiervoor is dat ‘n brand net na middernag by die Dorp Substasie uitgebreek  het.

Een inwoner het laat weet dat hulle net ‘n “plof” geluid gehoor het, en toe is die krag daarmee heen.

Die vuur was geblus, maar die skade en hoe lank dit gaan neem om te herstel kon nog nie bepaal word nie.

Die woongebiede wat sonder krag sit sluit in:
CW 1,2,3,5,6
Nw7
Bonané
Stephano Park
Dele van  Boipatong en omliggende kleinhoewes

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button