Local newsNewsNews

Slegte nuus vir inwoners oor Dorp Substasie

Die ondersoek het egter bevestig wat baie gevrees het: die skade is groot!

‘n Brand net na middernag by die Dorp Substasie het veroorsaak dat inwoners hul Dinsdag in die donker moes afskop.

Volgens inligting ontvang behoort die NW7 substasie deur die loop van die dag getoets en weer aangeskakel te word.

Die Dorp Substasie wat groot dele van die dorp van elektrisiteit voorsien het egter groot skade gelei:

6 panele 11kv het ontplof; 20 ander panele sal getoets en skoongemaak moet word en die 30mva transformer wat getrip het, sal ook getoets moet word.

Daar is nie ‘n spaar nie en al hierdie werk kan moontlik ‘n paar dae neem.

Inwoners word aangeraai om solank voorsorg te probeer tref vir ‘n paar dae van beproewing.

Die woongebiede wat tans sonder krag sit sluit in:

CW 1,2,3,5,6

Nw7

Bonané

Stephanopark

Flora Gardens

Dele van  Bophelong en omliggende kleinhoewes

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button