Local newsNews

Sien nuutste produkte by jaarlikse Sekuriteits-Indaba

Dit vind 29 Augustus van 09:00 tot 16:00 by Riviera on Vaal Hotel in Mario Milani-rylaan, Vereeniging, plaas.

 

VEREENGING. – Almal wat in die sekuriteitsbedryf en die nuutste beveiligingstoerusting belangstel, word genooi om Donderdag, 29 Augustus, die jaarlikse Security Mecca Sekuriteits-Indaba by te woon.
Dit vind Donderdag van 09:00 tot 16:00 by Riviera on Vaal Hotel in Mario Milani-rylaan, Vereeniging, plaas. Toegang is gratis.
Skougangers gaan ‘n geleentheid kry om nuwe reekse hekmotors, motorhuismotors, mobiele sonkragstelsels, handgereedskap, mobiele voertuigkameras, huis-outomatiseringsprodukte en die nuutste alarmstelsels met die modernste tegnologie in aksie te sien.

Vanjaar se tema is “Experience the Future”. As leiers op die gebied van elektroniese sekuriteitsprodukte assosieer Security Mecca slegs met topgehalte handelsmerke, dus kan besoekers seker wees dat die uitstallings van die hoogste gehalte sal wees. Pryse ter waarde van etlike duisende rand sal die dag gewen kan word.

“Security Mecca sien sedert 1981 met trots om na Vaaldriehoekers se elektroniese sekuriteitsbehoeftes. Dit is baie belangrik vir ons om na elke kliënt se behoeftes te luister en om sinvolle advies oor die korrekte produk vir elke behoefte voor te stel,” sê mnr. Conrad Lamont, mede-eienaar van die onderneming.

“Ons visie is om net produkte te verskaf waaraan ons self glo en wat ons vertrou om ons eie en ons familie se lewens te beskerm. Vir dié rede het ons in 2018 met die jaarlikse Indaba begin om inwoners en sake-eienaars aan die nuutste produkte bekend te stel.”
* Meer inligting oor die Indaba is beskikbaar by (016) 1000 333, of stuur ‘n e-pos na info@secmec.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button