Local newsNewsNewsSport

Ratels te taai vir die Vultures

Die Ratels en Vultures het mekaar aangevat vir die Vulturatelsbeker op Sondag, 8 September

VEREENIGING – Dit was nie die ideale weersomstandighede vir krieket nie. Daarvoor het die wind te warm gesny en was die stof te veel.

Dit het egter nie die Ratels en die Vultures krieketspanne afgeskrik om kookwater krieket te speel nie.

Wanneer jou pa kolf, dan let jy op langs die veld. Klein Jean Philip is klaar ‘n groot krieketondersteuner

Op die spel was die heel eerste Vulturatelsbeker. Die Ratels is van Meyerton en die Vultures van die Vereeniging Krieketklub.

Die Ratels het besluit om eerste te kolf. ‘n Goeie besluit, want hulle het ‘n allemintige 315/9 in 50 boulbeurte aangeteken.

Die Ratels se beste kolwers was Philip Thompson 86 (88 balle), Marco van Deventer 44 (38) en Drikus Jansen van Vuuren 41 (65).

Mike Smith van die Vultures (Vereeniging CC) maak gereed om ‘n bal na Philip Thompson af te stuur.

Die Vultures het nie ‘n goeie dag op die veld gehad nie en is vir ‘n skamele 59 in 12.5 boulbeurte almal uitgehaal.

Frikkie Goosen het die grootste amok onder die kolwers veroorsaak en het vyf paaltjies geneem en net 10 lopies afgestaan.

Die spanne beoog om jaarliks vir die Vulturatelsbeker mee te ding as ‘n opwarmingswedstryd.

Die Ratels en Vultures met die Vulturateslbeker. Foto verskaf

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button