Custom Servicing & Restoration: Jou 1ste keuse as jou BMW ‘n diens benodig!
Kliënte wat nie hul motors gedurende die week kan laat diens nie, kan met Custom Servicing & Restoration reël dat dit op 'n Saterdag gedoen word.
Ware voertuigliefhebbers verstaan die behoefte dat jy net die beste kundiges aan jou motor wil laat werk wanneer dit tyd is vir ‘n diens of restourasie. Jy is op soek na kundiges vir wie dit nie net ‘n werk is nie, maar wat hart en siel in jou motor sal insit. Dit is hier waar Custom Servicing & Restoration in Duncanville in die prentjie kom.
Ontmoet Louis Malhou van Custom Servicing & Restoration, wat passievol is oor voertuie en voertuigenjins. Luis gee hier meer inligting oor die besigheid se geskiedenis en die dienste wat hy en sy span hier lewer:
“Dit het in 2015 begin as ‘n restourasiewinkel vir klassieke BMW’s. Oor die jare het ons ‘n groot hoeveelheid klassieke BMW’s gerestoureer waarvan sommige vir oorsese kliënte was, sowel as vir plaaslike kliënte. Ons grootste trots en prestasie is ‘n 1976 BMW 530MLE wat ons vir BMW Suid-Afrika gerestoureer het vir hul museum in Midrand,” sê Louis.
“In Oktober 2022 het ons by ons nuwe werkswinkel ingetrek met gemoderniseerde toerusting, volledige kliëntegeriewe soos waskamers, ‘n ontvangsarea en ‘n gemaklike wagarea. Met gekwalifiseerde tegnici kan ons nou eienaars van BMW’s ‘n werkswinkel bied wat toegewy is aan diens, en die herstel en instandhouding van hul BMW’s.
“Ons bied ook ‘n Saterdagoggend-diens en remdiens-opsie (“service and brake service”) vir kliënte wat nie hul motors gedurende die week kan laat diens nie. Ons is passievol oor BMW’s en bied uitstekende, vriendelike diens teen ‘n bekostigbare prys aan. Alhoewel ons in BMW’s spesialiseer, werk ons ook op voertuie van alle ander fabrikate en LDV’s, en bied dieselfde diens en toewyding aan eienaars van ander handelsmerke.
“Custom Servicing is trots daarop dat ons RMI-akkreditasie het om aan voertuie wat nog onder waarborg is, te mag werk,” sê Louis.
Custom Servicing & Restoration: Jou 1ste keuse as jy jou BMW régtig lief het
Kontak Louis en sy span by (016) 110-0500 of besoek hulle by Custom Servicing & Restoration, Unit 1, Sunhing Building, 5 Bessemer Street, Duncanville, Vereeniging.
Kontak Louis en sy span by (016) 110-0500 of besoek hulle by Custom Servicing & Restoration, Unit 1, Sunhing Building, 5 Bessemer Street, Duncanville, Vereeniging.