NewsNews

Skud solank jou vere reg – dis amper weer Toy Run tyd

Omkring solank 24 November in rooi in jou dagboek. Hier kom 'n grote...!

VANDERBIJLPARK – Die Centurions Vaal motorfietsklub se 29ste Toy Run vind op 24 November plaas.

Hierdie jaar beplan hulle om selfs groter te gaan as verlede jaar toe honderde motorfietsryers gelaai met speelgoed by die klubgronde opgedaag het.

“Verlede jaar was groot. Ons het ‘n hele verhoog vol speelgoed gehad wat ons gaan uitdeel het,” onthou klubpresident Rian Beeslaar. “Hierdie gaan nog beter wees. Daar is so baie mense wat swaarkry in die Vaaldriehoek.”

Die speelgoed wat in 2023 ingesamel en later uitgedeel is.

“Ons gaan ook weer niebederfbare kos, toiletware en skryfbehoeftes insamel. Mense kan ook dierekos bring,” beduie John ‘Bulldog’ Gilmore.

Die jaarlikse Toy Run is die grootste biker fondsinsameling in die Vaaldriehoek. Almal is welkom om die dag saam met die motorfietsryers te spandeer by die Centurions se klubgronde in Shakespearestraat.

“Ons vra nie toegangsgeld nie, net dat mense enige iets van blikkieskos tot skryfbehoeftes sal bring. Geen kontant nie,” sê Rian.

Daar is die jaar ook ‘n lootjietrekking teen R50 per lootjie. Die prys is ‘n geborgde vakansie van 10 dae in Mosambiek in ‘n huis met slaapplek vir 10 mense.

Enige motorfietsryers wat wil deel vorm van die massarit vroegoggend tot by die klubgronde kan Rian by 083 309 8454 of John by 082 653 9009 kontak.

Dit geld ook indien ‘n individu of maatskappy groot skenkings wil maak. Die motorfietsryers kom op 24 November by die Dros, Riversideboulevard bymekaar, waarvandaan hul om 10:00 na die klubgronde sal vertrek.

Die dag beloof om groot kuier en baie pret in te sluit. Daar sal ‘n verskeidenheid van onder andere kosstalletjies wees, ‘n kontantkroeg en Rudo Schwim gaan optree.

DJ Ben sal die musiek verskaf en vir die kleingoed is daar ‘n springkasteel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button