AdvertorialBusinessNewsSponsored

Dié kantoorpark is ‘n juweel vir Sasolburg

Lees in dié week se uitgawe van Vaalweekblad (25 tot 31 Oktober 2024) meer oor die ondernemings in die NJ van der Merwe-kantoorpark in Sasolburg.

Die boomryke geselligheid van NJ van der Merwe-singel in Sasolburg laat besoekers en kliënte sommer dadelik tuis voel. Die rustigheid is egter misleidend want dié kantoorpark-singel bevat meer as 30 professionele ondernemings waar daar behoorlik gewerskaf word. En moenie vergeet van die enorme ekonomiese bydrae wat dié besighede jaarliks tot die Metsimaholo-munisipaliteit se koffers maak nie!

Sasolburg se middedorp het in die eerste 20 jaar na die dorp se ontstaan so besig geraak dat sommige professionele sakelui begin uitkyk het vir ‘n rustiger omgewing om hul kantore of praktyke te bedryf. Danksy visionêre sakelui en ‘n inskiklike munisipale raad, is die eerste saadjie vir ‘n kantoorpark, direk langs die bedrywige sakekern, geplant en uiteindelik deur die stadsraad goedgekeur.

In die vroeë 1980s was dit hoofsaaklik dokters, tandartse, ‘n apteek en ander mediese diesverskaffers wat die voordele van so ‘n professionele “hub” in NJ van der Merwe-single raakgesien en hul kamers hierheen verskuif het. Prokureurs, ouditeure en bourekenaars het vinnig gevolg. Aangesien die singel voorheen ‘n residensiële woongebied was, moes van die ou huise aansienlik aangepas of platgeslaan word om plek te maak vir nuwe sakegeboue.

Die ou lowerryke bome het gelukkig behoue gebly, en danksy sakelui se vindingrykheid is nuwe geboue só ontwerp dat dit vandag ‘n lus vir die oog is. Sakegeboue in die singel is gerieflik geleë, maklik toeganklik en in ‘n gebied wat as besonder veilig beskou word. Die meeste van NJ Van der Merwe-singel se ondernemings bied voldoende skaduryke parkering aan – ‘n faktor wat in dié kantoorpark se guns tel omdat gebrekkige parkeerplek baie frustrasies in meeste dorpe se sentrale sakedistrikte veroorsaak.

Buiten ‘n mediese sentrum is daar vandag verskeie dokters- en tandartspraktyke sowel as ‘n sielkundige in NJ van der Merwe-singel. Donna van der Merwe Optometriste en Jacoline Scott Fisioterapeute het ook hier anker gegooi. Laasgenoemde bied onder andere sport- en ortopediese behandeling, pulmonologie, geriatrie en rehabilitasie aan.

Verskeie prokureursfirmas soos die bekende De Beer and Claassen Prokureurs, met ‘n sakegeskiedenis van meer as 65 jaar in Sasolburg, het ook dié kantoorpark hul bedryfstuiste gemaak. Dan is daar ook dienste soos dié van Julie-Ann Deacon, ‘n ervare Discobery-adviseur en ‘n dinamiese leier met 22 jaar ondervinding in die finansiële bedryf. Sy spesialiseer in bemarking, verkope en bedrywighede vir finansiële portefeuljes.

Eiendomsagentskappe soos SUEco Properties verskaf al sedert 1987 kwaliteit-eiendomsdienste hier. Dié onderneming het gegroei tot een van die grootste huur- en verkoopsagentskappe in die Vaaldriehoek en spesialiseer in dienste vir ‘n verskeidenheid komplekse, meenthuise, woonstelle en huise.

Mnr. Paul Lessing van Lessing & Prinsloo Ouditeure, wat al sedert 1987 in die kantoorpark bedryf, sê die rustigheid en die voëlgesang in die kantoorpark bly na soveel jare steeds vir hom aangrypend. “Ek is trots daarop dat ek deel van die kantoorpark se ontwikkeling kon wees,” sê hy.

Lees in dié week se uitgawe van Vaalweekblad (25 tot 31 Oktober 2024) meer oor die ondernemings in die NJ van der Merwe-kantoorpark in Sasolburg.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button