‘n Plaaslike inwoner (wat graag anoniem wil bly) was vanoggend omstreeks 11:30 te voet in Koos de la Reystraat onderweg, toe vermeende boewe haar geteiken het.
Volgens haar kon sy nie duidelik sien nie, maar vermoed dat daar drie of vier mans in die motor was.
Een man het uit die voertuig geklim en haar genader, gewapen met “‘n groot mes”.
Sy is onder meer van haar selfoon beroof, waarna die man weer terug is na die voertuig.
Toe die boewe op die vlug slaan het sy begin skree: “hulle het my gerob, hulle het my gerob”, waarna bure in die straat uitgekom het om te kyk wat aangaan.
Dit is toe dat dinge lelik skeef geloop het vir die boewe. Die bestuurder het beheer verloor en die motor gerol.
Twee van die mans is gearresteer en is tans in aanhouding. Die ander makker/s het egter weggehardloop.

