Local newsNewsNews

Op die rand van ‘n ramp: Gauteng se waterkrisis

Daar dreig 'n waterkrisis vir inwoners van Gauteng. "Dit is van kardinale belang dat daar onmiddellike aksie geneem word," sê TLU SA.

Die afgelope paar dae se reënweer was baie welkom, maar baie meer reën is nodig.

Vaaldam is tans net sowat 33% vol.

TLU SA (Transvaals Landbou Unie) het sy bekommernis uitgespreek na onlangse waarskuwings van Rand Water oor die krities lae watervoorraad en die 42 lekkende reservoirs in Johannesburg.

Die gebrek aan behoorlike onderhoud van waterbronne en infrastruktuur het nie net ‘n tekort aan water veroorsaak nie, maar het ook ‘n negatiewe invloed op die kwaliteit van die water wat aan die gemeenskap beskikbaar gestel word.

Dit kan nie net ekonomiese gevolge hê nie, maar ook ernstige gesondheidsrisiko’s vir die algemene publiek.

TLU SA doen ‘n dringende beroep op die Departement van Water en Sanitasie om:

Geld beskikbaar te stel vir die herstel van water- en sanitasiefasiliteite: Dit sluit in die herwinning en instandhouding van lekkende reservoirs, die opknapping van pyplyne en die verbetering van die bestaande watervoorraadstelsels.

Deursigtigheid en kommunikasie te verbeter: Dit is belangrik dat die gemeenskap ingelig word oor die vordering van die herstelwerk, sodat hulle kan verstaan wat gedoen word om die huidige krisis te verlig. Dit sluit in die noodsaak om historiese mislukkings te erken en ‘n stelselmatige evaluasie van water toewysings te pleit.

Langtermynoplossings te oorweeg: Dit moet ‘n prioriteit wees om ‘n volhoubare waterbestuurstelsel te ontwikkel wat nie net die huidige probleem aanspreek nie, maar ook toekomstige krisisse kan voorkom.

Die gemeenskap het ‘n dringende behoefte aan ‘n duidelike plan van aksie en verantwoordbaarheid van die regering.

TLU SA is bereid om saam te werk met die departement en ander betrokke partye om praktiese oplossings te vind. Ons kan nie wag nie; die tyd om te optree is nou.

* Die TLU SA is tans die oudste landbou-organisasie in Suid-Afrika, wat steeds voortgaan soos wat hy gestig is.

Lees ook:

Klik op die foto.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button