AdvertorialBusinessNewsSponsored

Boumateriaal nodig? Loots Vervoer het topprodukte én lewer af!

Kontak hulle by 083 235 4040 of 066 212 2641 om meer hieroor uit te vind.

 

Benodig jy boumateriaal om jou woning binne of buite mooi te maak? JG Loots en Seuns Vervoer het net die regte materiale vir jou!
Hul onderneming Big L Readymix verskaf ook baie hoë gehalte readymix. (Sterktes 15Mpa & 20Mpa & 30Mpa & 35Mpa).
Aflewering in die Vaaldriehoek.

Kontakbesonderhede – JG Loots en Seuns Vervoer en Big L Readymix:
Hannes Loots: 083 235 4040
Lucindy Loots: 066 212 2641
Kantoor: 016 976 3150

*** Hier is ‘n lys van die produkte wat jy by JG Loots en Seuns Vervoer sal kry – met aflewering in die Vaaldriehoek:

# Bou sand
# Pleister Sand
# Growwe Rivier Sand
# Slag Klip 13mm / 19mm / C/Sand
# Ballast klip 37mm tot 53 mm
# Growwe As
# Fyn As
# Buildersmix 13mm & 19mm Gemeng
# Filling
# Topsoil
# Tuingrond
# Sement Sakke 32,5 & 42,5
# Lintels Gewone & Maxi Lintels
# Blokke 450 x 450
# Randstene
# BrickForce Single & Dubbel
# Dampcource Single & Dubbel
# As Stene
# Maxi Stene
# Reinforcing Ref 100 / Ref 193

J.G. Loots & Seuns Vervoer het ‘n lang en trotse geskiedenis in die Vaaldriehoek!

SASOLBURG. – Familie en vriende van wyle mnr. Hannes Loots (74) moes in Februarie 2023 hartseer van hom afskeid neem toe hy oorlede is, maar die talle geboue wat hy in die dorp help oprig het, sal inwoners nog dekades lank aan dié sakeman met sy groot hart herinner.
Mnr. Loots was ‘n seun van nege jaar toe hy in 1957 vanaf Pretoria saam met sy ouers na Sasolburg verhuis het. Hy het die grootste deel van sy skoolloopbaan hier deurloop, behalwe vir sy matriek, wat hy in Elandspoort voltooi het.
“Sy droom was om werk te skep en deur die jare het hy geweldig baie vir Sasolburg gedoen,” het sy weduwee, mev. Rina Loots, met wie hy 53 jaar getroud was, aan Vaalweekblad vertel.
Hy het mettertyd sy sakeondernemings, J.G. Loots & Seuns Vervoer en Sandwerke, en Big L Readymix geopen en was betrokke by die oprigting van verskeie meenthuiskomplekse, skole, kerke, sake- en fabrieksgeboue in die omgewing.
“Dit was waarlik baie interessante jare. Ons was ook bevoorreg om aan die Gautreinprojek deel te neem. Hannes het deur die jare ook talle jong entrepreneurs wat finansieel gesukkel het, gehelp om op die been te kom,” het Rina gesê.
Mnr. Loots het in 2022 ‘n driedubbele hartomleiding gehad en twee weke daarna ‘n pasaangeeër ontvang. Hy is met net een long gebore en sy suurstofinname was van die begin af ‘n groot uitdaging. Sy niere en lewer het mettertyd ook ingegee.
“Die mediese personeel het vier maande lank alles in hul vermoë gedoen, maar hy het sy stryd op 9 Februarie 2023 in Vereeniging Mediclinic verloor. Ons Hemelse Vader het ons deur dié moeilike tyd gedra,” het Rina gesê.
Wyle mnr. Loots is buiten sy vrou ook oorleef deur sy seun Kobus en skoondogter Winnie, kleinseun Hannes en sy vrou Lucindy, kleindogter Berna en haar man Morné, sowel as drie agterkleinkinders. Wyle mnr. Loots se sakeondernemings word steeds met net soveel toewyding deur sy kleinseun (ook Hannes Loots) voortgesit.

Wyle mnr. Hannes Loots, grondlegger van die onderneming.

Kontakbesonderhede – JG Loots en Seuns Vervoer en Big L Readymix:
Hannes Loots: 083 235 4040
Lucindy Loots: 066 212 2641
Kantoor: 016 976 3150

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button