AdvertorialBusinessNewsSponsored

God’s Little Creations vier 12 jaar van seën

"Elke hond wat ons versorg, elke glimlag van ons kliënte, en elke uitdaging wat ons oorwin, is ‘n herinnering aan hoe ver ons gekom het" - Elize Stols

Boodskap van Elize Stols, eienaar van God’s Little Creations Pet Groomer:
Beste kliënte en ondersteuners,
Dit is met ‘n hart vol dankbaarheid en nederigheid dat ons 12 wonderlike jare van God’s Little Creations vier. Wat begin het as ‘n klein stalletjie by Panorama Vlooimark, waar ons hondeklere, speelgoed en bedjies verkoop het, het deur die genade van God gegroei tot iets wat ons nooit kon droom nie.

Ons eerste winkel, geleë langs die Spar in Drie Riviere, het begin met een hond per dag. Ons het gegroei, bietjie vir bietjie, en het ‘n groter plek nodig gehad. Dit was nie altyd maklik nie. Ons het lief en leed gedeel, en ons moes afskeid neem van een van ons beste “groomers”, Monica, wie se liefde vir die diere en haar werk steeds deel van ons nalatenskap is.

Vandag bedryf ons vanuit Blackwoodstraat 119, in my garage wat omskep is in ‘n besigheid wat meer as net ‘n werkplek is – dit is ‘n familie. Met 17 toegewyde werknemers, twee mobiele sleepwaens, en die vermoë om meer as 120 honde op ons besigste dae te versorg (buiten die sleepwaens), is ons getuigskrifte van God se trou en ons kliënte se ondersteuning.

Elke hond wat ons versorg, elke glimlag van ons kliënte, en elke uitdaging wat ons oorwin, is ‘n herinnering aan hoe ver ons gekom het. Dankie aan elkeen van julle – ons lojale kliënte en ons hardwerkende span – vir julle rol in hierdie ongelooflike reis. Sonder julle sou hierdie droom nie moontlik gewees het nie.
Ons eer God vir sy seëninge en ons sien uit na nog baie jare waarin ons vir julle en jul geliefde troeteldiere kan sorg.
Met opregte dankbaarheid, Elize.

Elize Stols

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button