Local newsNewsNews

Klein Mieke (5), daar is hoop

Klein Mieke (5) het nog 'n lang pad voor, maar daar is hoop.

VANDERBIJLPARK – Mieke Prinsloo se urodynamic studies het goed afgeloop. Vaalweekblad het op 6 Desember berig oor die dapper meisie wat met nierprobleme gebore is.

https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/2024/12/10/dapper-mieke-5-het-hulp-en-gebed-nodig/

Haar een nier is heeltemal onderontwikkel, terwyl die ander al die werk moet doen. Sy kry ook gereeld blaasinfeksie en daar is bepaal dat haar blaas in spasma is.

Haar ma, Ilse het laat weet dat die toetse wat op 6 Desember gedoen is, gewys het dat haar blaas 100% werk, “maar die knyp kleppies ontspan nie en bly styf en saamgetrek wat dan veroorsaak dat daar baie druk in haar blaas is.”

Dinsdag het die Prinsloo’s die goeie nuus ontvang dat indien Mieke goed reageer op meer konserwatiewe behandeling, dit nie nodig sal wees om haar een nier te verwyder nie.

Mieke sal vir intensiewe fisioterapie moet gaan vir haar blaasprobleem en haar medikasie is aangepas. Sy sal wel vir ‘n MRI moet gaan in Januarie om seker te maak dat daar nie ‘n senuwee in haar rug vasknyp nie.

Daar word gehoop dat Mieke se koorsaanvalle en infeksies met die nuwe behandeling iets van die verlede sal wees. Sou dit egter voortgaan sal die onderontwikkelde nier verwyder moet word.

Haar ouers bak en verkoop steeds kolwyntjies (cup cakes) om die ekstra uitgawes rondom Mieke se behandeling te betaal.

Hul mediesefonds dek nie alles nie. Alle fondse wat ingevorder word gaan na die spaarrekening wat spesiaal geskep is om Mieke te help.

Bestellings vir die kolwyntjies kan geplaas word by 0638414946. Enige donasies kan deur https://www. backabuddy.co.za/campaign/mieke-prinsloo gedoen word of direk in die spaarrekening inbetaal word.

Rekening besonderhede: Naam: Ilse Prinsloo Bank: Capitec Rekeningnommer: 2170661065 Verwysing: Mieke

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button