AdvertorialBusinessNewsSponsored

Centre Stage Dance Academy: Waar beweging en betowering ontmoet!

Vir meer inligting, kontak Centre Stage Dance Academy by 071 687 8575.

 

Centre Stage Dance Academy, geleë in Arcon Park, Vereeniging, bied klassieke, moderne en kontemporêre ballet sowel as Pilatesklasse vir alle ouderdomme en vlakke aan. Die stylvolle eienaar, Ill-rika Booyens, is bekend as ‘n uitstekende balletonderwyseres wat spesialiseer in die Cecchetti-balletmetode.

“Ons ateljee het ten volle toegeruste fasiliteite en hoog gekwalifiseerde instrukteurs met ‘n internasionaal geakkrediteerde sillabus. Ons bied geleenthede vir kompetisie, optredes, werkwinkels en gegradeerde eksamens om tegniese en artistieke vaardighede te ontwikkel, wat moontlik kan lei tot ‘n professionele toekomstige loopbaan,” sê Ill-rika.

“Oor die afgelope 14 jaar het ons studente verskeie danstoekennings gewen, insluitend nasionale en internasionale trofeë, op TV-programme verskyn, ‘n nasionale tweede plek gewen in KykNet se “Dans in jou Taal”, opgetree in talle plaaslike produksies, en uitnemendheid behaal in nasionale en internasionale danseksamens. Centre Stage is ook al as Beste Junior Dansskool by die SA Dansskoolkampioenskappe aangewys.

“Ons Akademie se doel is om die hoogste gehalte dansopleiding te bied in ‘n versorgende en professionele omgewing, wat studente aanmoedig om hul potensiaal te bereik, nou en in die toekoms,” sê Ill-Rika.

As ‘n gesertifiseerde “Progressing Ballet Technique”-opleier integreer sy ook ballet en Pilates om dansers se tegniek en krag te verbeter. Ill-rika het ‘n omvattende agtergrond in choreografie vir skoolrevues, cheerleading-groepe en dansspanne, en beoordeel ook gereeld dans- en modelkompetisies. Haar talente eindig nie by dansopleiding nie. Sy is ook ‘n vernuftige sakevrou wat in 2022 die GTCOC se Besigheidsvrou van die Jaar-toekenning ontvang het.
* Kontak Centre Stage Dance Academy by 071 687 8575 vir meer inligting of om in te skryf.

Ill-rika Booyens
Ill-Rika Booyens is nie net ‘n uitmuntende dansinstukteur nie. Sy is ook al aangewys as die Golden Triangle Chamber of Commerce (GTCoC) se Junior Sakevrou van die Jaar.

Vir meer inligting, kontak Centre Stage Dance Academy by 071 687 8575.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button