AdvertorialBusinessNewsSponsored

Wernich stap weg met LRP SA se wenprys!

Vir meer besonderhede oor LRP SA se werksaamhede in die Vaaldriehoek, kontak Celeste gerus by 065 074 2302 of stuur 'n e-pos na celeste@lrpsa.com

 

LRP SA, ‘n voorste verskaffer van skoolbenodigdhede, het die afgelope maande ‘n wedstryd aangebied waarin deelnemende ouers en leerlinge groot pryse kon wen.
Al wat hulle moes doen, was om ‘n vooraf-verpakte “Back to School” pak te koop, of R500 of meer te spandeer aan “Back to School” items.

Wernich Wright van die Primêre Skool Vaalpark was die gelukkige wenner, wat onlangs sy wenprys ontvang het. Dit sluit ‘n deftige nuwe Longboard trollie-tas, propvol gepak met allerhande skryfbehoeftes en kunsartikels, ter waarde van R1 500 in.

“Die LRP Suid-Afrika Span wil vir Wernich se ouers, Jonathan en Renaldi, bedank dat hulle ons ondersteun het met die aankoop van sy en sy sussie se skryfbehoeftes vir 2025. Dit bly ‘n voorreg om net die beste diens en produkte aan ons kliënte te verskaf en ons hoop om nog baie jare saam met julle hierdie ‘skool-paadjie’ te stap. Baie dankie ook aan Vaalpark Primêr vir jul samewerking in hierdie verband. Julle is TOPS!,” sê Celeste Sonnekus van LRP SA se Sake-ontwikkeling.

* Vir meer besonderhede oor LRP SA se werksaamhede in die Vaaldriehoek, kontak Celeste gerus by 065 074 2302 of stuur ‘n e-pos na celeste@lrpsa.com

Wernich Wright (middel voor) ontvang sy wenprys van LRP SA terwyl sy ouers en personeel van die Primêre Skool Vaalpark toekyk. By Wernich is van links: Charmaine Kriek, Jannie Erasmus (waarnemende skoolhoof), Renaldi en Jonathan Wright (ouers), en Celeste Sonnekus (LRP SA).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button